News
Talle parkrunners ondersteun ook die Spar Women’s Virtual Challenge
Onthou Saterdag se 5km parkrun. Kom geniet die pragtige roete langs die Vaalrivier.
Met die dae wat sommer skielik warm geword het, was heelwat parkrunners Saterdagoggend vroeg uit die vere vir die gebruiklike 5km stap of draf vanaf Egweni River Lodge.
Onder die parkrunners was ook ‘n hele paar wat die Spar Women’s Virtual Challenge ondersteun het waarmee deelnemers Saterdag, 3 September enige tyd tussen 06:00 en 18:00 die 5km of 10km afstand vir die uitdaging kon stap of draf teen hul eie pas, net waar hul ook al was.
Dankie aan Parys Spar wat seker gemaak het dat deelnemers plaaslik hul deelname pakkies kon kry.
Onthou Saterdag se 5km parkrun. Kom geniet die pragtige roete langs die Vaalrivier.
Dit is gratis, en jy is welkom om die roete te stap of te draf. Bring sommer die hele gesin saam.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.