News

Brittanje se Koningin Elizabeth sterf

Sy was besonder geliefd

Brittanje se geliefde Koningin Elizabeth II is oorlede nadat sy vanoggend onder mediese sorg geplaas is. Sy was 96 jaar oud.

Koningin Elizabeth was 70 jaar op die troon en dus een van die langsheersende monarge ter wêreld.  Sy was net 25 jaar oud toe sy die troon bestyg het toe haar pa, koning George VI oorlede is.

Sy was ‘n statige vrou, baie hardwerkend, besonder bemind en tot en met haar dood een van die geliefdste lede van die Britse koninghuis.

Tot op 90-jarige ouderdom was sy ook baie gesond.

Buckinghampaleis het haar afsterwe in ‘n verklaring aangekondig.

Sy word opgevolg deur Prins Charles.

Koningin Elizabeth se man, Philip, is in April 2021 oorlede kort voor sy 100ste verjaardag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button