

Onderwysers is gereeld in die spervuur as daar kritiek uitgedeel word. Maar Melany Viljoen van KykNet se Die Real Housewives van Pretoria se opmerking oor onderwysers, het mense bankvas agter die land se onderwysers.
En nou het twee onderwysers van Parys boonop die afgelope week ‘n glimlag op Suid-Afrikaners se gesigte gesit , en sosiale media aan die gons gekry met hul, “Ek is ‘n onderwysertjie” T-hemde by ‘n kanariegeel Lamborghini waarmee hul grappenderwys terugkap op Viljoen se opmerking.
Dié was eintlik glad nie beplan nie, vertel Salomé van der Westhuizen. Sy en ‘n kollega, Marizelle Sieberhagen, het ‘n afsluitingsfunksie vir Shape Space Dames gimnasium bygewoon.
Die tema was pienk en wit en ek wou net ‘n T-hemp dra, vertel Salomé.
Albei kyk die reeks en het lankal gespeel met die idee van die woorde, “Ek is ‘n onderwysertjie” op ‘n T-hemp . Dié was hul kans om hul trots vir onderwyser-wees te wys
By die funksie gekom het hulle die spog wiele geparkeer oorkant die straat gesien, en die eienaar het ingestem vir die kiki’s.
Toe sien Mel hul Instagram plasing van die fotos met #onderwysertjie, #lamborghini, #hoërskoolparys Regte onderwysertjies van Parys! #onshounogvanmel.
Tot hul verbasing het Mel die plasing gedeel en was vrek nice daaroor, gesels Salomé.


En wat sê Mel oor die plasing: “Ek love die!! Eks so bly iemand verstaan my droë sin vir humor!! “DieRealOnderwysertjiesvanParys @kyknettv @hoërskool_parys
Haar boodskap aan Salomé en Marizelle – “Ek love julle initiative. Ons het dieselfde humor…almal was so kwaad en ek dag dis cute, toe kry ek pak.
Vra jy hulle wat dink hulle van “Die Real Housewives of Pretoria” – sê die juffrouens dit is dalk bietjie aangeblaas ter wille van kykersvermaak, maar daar’s ‘n les vir ons almal hieruit te leer. “Let op wat jou woorde aan ander doen, en hoe ander jou sien.”
“Eintlik het Mel iets vir onderwysers gedoen wat niemand nog vir ons gedoen het nie. Dié keer was dit Mel wat in die spervuur was, en mense staan op vir ons onderwysers.”





