

Daar sal vandag, Dinsdag 15 November steeds 8 sluishekke oopgehou word by Vaaldam. Die dam is tans 108,72% vol. Invloei is 1 764,2 kubieke meter per sekonde en die uitvloei 1 221 kubieke meter per sekonde. Sedert gister is geen reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet nie.
Barrage is tans 94,64% vol en water word uitgelaat teen 1 608,6 kubieke meter per sekonde.
Bloemhofdam is nou 108,09% vol, en water word daar uitgelaat teen 1 608 kubieke meter per sekonde, maar sal teen 12:00 vanmiddag verhoog word na 1 800 kubieke meter per sekonde, en dan om 14:00 verder verhoog word tot 2 000 kubieke meter per sekonde. Om 16:00 vanmiddag sal die uitlaat by Bloemhofdam verhoog word na 2 200 kubieke meter per sekonde.

Die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel is al sedert Maandag onder water. Teen 06:30 vanoggend het die watervlak hier 3,30m gemeet. Foto met erkenning aan Sue Jansen van Rensburg.





