Wits-professor verduidelik Koepel-geologie
Die besonderhede van hierdie spannende geologiese verhaal, wat reeds kort na die ontstaan van die aarde ongeveer 4,6 miljard jaar gelede (4 600 000 000!) begin, bly egter opwindend en ongelooflik, veral as dit deur ´n geesdriftige deskundige soos professor Roger Gibson van die Universiteit van die Witwatersrand vertel word.

Dat die Koepel se geologie deur ‘n me- teoriet-impak gevorm is, en die formasie van halfsirkelvormige rante hierdeur eenmalig in die wêreld is, is sedert die insluiting van die Vredefort Koepel deur Unesco as Wêrelderfenisgebied in 2005, wyd bekend.
Die besonderhede van hierdie spannende geologiese verhaal, wat reeds kort na die ontstaan van die aarde ongeveer 4,6 miljard jaar gelede (4 600 000 000!) begin, bly egter opwindend en ongelooflik, veral as dit deur ´n geesdriftige deskundige soos professor Roger Gibson van die Universiteit van die Witwatersrand vertel word.
Gibson het reeds as nagraadse student op die geologie van die Vredefort Koepel navorsing gedoen, en was deurgaans as
adviseur by die onderhandelinge met UNESCO en die Suid-Afrikaanse regering betrokke.
Gibson het onlangs ´n geologie-uitstappie deur die Koepel gelei, wat bygewoon is deur ´n groep Wits-studente, asook belangstellendes van die omgewing.
Die uitstappie is in samewerking met die Koepel Bewarea gereël. Die groep het verskeie geologiese besienswaardighede dwarsoor die Koepel besoek – van die Salvamento-steengroef tot by die rotsgravures op Daskop. By elkeen is ´n nuwe stukkie getuienis in die bewysvoering van die impak-oorsprong van die Koepel aangebied, en so het ´n spannende vervolgverhaal ontvou, gevul met besonderhede soos die geweldige krater van tot 40km diep wat deur die me- teoriet in die aarde se kors geslaan is, en die ontstaan van die ryk goudvoorkomste op die rand van die formasie.
Die Bewarea bied gereeld uitstappies en kuieraande in die Koepel aan, waarby genooide deskundiges oor ´n wye verskei- denheid van onderwerpe gesels. Die volgende Koepelkuier-geleentheid vind Woensdagaand, 31 Mei plaas en die volgende natuuruitstappie is ´n sterrekyk- aanbieding op Deelfontein op 17 Junie. Die geleenthede word op WhatsApp-groepe en in die koerante bekendgemaak. Jy kan ook vir Gerhard Benade by 083 280 9784 skakel, of e-pos na gerhard@deelfontein.co.za beskikbaar.