News

Wie en wat is die Parys GPF

Lede van die publiek kan by die GPF betrokke raak deur hul kontakbesonderhede by ao. Jan le Roux by die SAPD, of by Annemarie du Toit Drotsky Prokureurs, af te gee waarna hul dan op 'n WhatsApp-groep geplaas sal word

Gemeenskappolisiëring snoer die polisie en die gemeenskap saam vir die oplos van misdaadprobleme. Die Gemeenskappolisiëringforum (GPF) van Parys funksioneer in terme van hoofstuk 7 van die Wetop die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Wet 68 van 1995.

Die doel van die GPF is om ‘n veilige omgewing vir die gemeenskap te skep, en sluit die volgende doelwitte is:
• Hul identifiseer en los probleme rondom misdaad, wanorde, vrese en swak dienslewering deur die polisie op;
• Hul verbeter kommunikasie tussen die polisie en die gemeenskap;
• Hul vind maniere om die polisiediens meer deursigtig en verantwoordelik te maak;
• Hul spoor die media aan om billik en regverdig te wees in hul rapportering oor die
polisie;
• Hul monitor die polisiediens, insluitende klagtes, besoeke aan selle en patrollering;
• Hul help verskillende etniese groepe om beter saam te werk;
• Die GPF streef daarna om altyd op ‘n volwasse en beleefde manier op te tree teenoor die polisie.
Die Parys Gemeenskappolisiëringforum bestaan uit ‘n uitvoerende komitee met  die volgende lede:
· Anne-marie du Toit (voorsitter) is ‘n prokureur in privaatpraktyk in Parys en ‘n lid van We Care Community Patrols. Annemarie is by die GPF verantwoordelik vir skole, tehuise vir bejaardes, gesinsgeweld bewusmaking en skakeling met die media.
· Wynand Nel (ondervoorsitter) is die eienaar van Nel’s Security Solutions en stigterslid van We Care. Wynand is sektorbevelvoerder van Sektor 1, en verantwoordelik vir ‘eerste reaksie’ (first responder) opleiding by die GPF.
· Theo Dunn (tesourier) geniet sy aftrede terwyl hy sy passie om die gemeenskap by te staan, uitleef. Hy is ‘n lid van Parys AfriForum. Sy portefeulte op die GPF sluit in landelike veiligheid en bewusmakingsveldtogte.
· Marinda Matthysen-Engelbrecht (sekretaris) is ‘n raadslid vir die VF Plus, en dien in die Korporatiewe Dienste, Maatskaplike Ontwikkeling en Dorp- en Landelike beplanning en Behuisingskomitees van Ngwathe. Haar GPF-portefeulje sluit in eerste reaksie (first responder) opleiding.
– Ao. Jan le Roux (adjunksekretaris). Ao. le Roux het 34 jaar diens as polisiebeampte, en is vanaf 2007 betrokke by die GPF. Hy is sektorbevelvoerder van Sektor 2, en verantwoordelik vir landelike veiligheid op die GPF.
· Ivan Kukard (GPF skakelbeampte) is ‘n afgetrede kranige fietsryer met ‘n liefde vir gemeenskapswerk en lid van We Care. Ivan se portefeulje sluit in landelike veiligheid, tehuise vir bejaardes en bewusmakingsveldtogte).
· Dorette Nel (addisionele lid) is mede-eienaar van Nel’s Security Solutions, en lid van We Care. Dorette is by die GPF
verantwoordelik vir buurtwag en bewusmakingsveldtogte.
· Charl von Maltitz (addisionele lid) is ‘n voormalige lid van die SAPD, en voorheen ook ‘n kommersiële vlieënier. Sy portefeule sluit bewusmakingsveldtogte en Krav Magaopleiding in.
· Carl Vosloo (addisionele lid) is betrokke by CSS Sekuriteit Parys, en ‘n lid van We Care. As deel van sy portefeulje is hy betrokke by bewysmakingsveldtogte en skakeling met sekuriteitsmaatskappye.
· Emile Schutte (addisionele lid) is ‘n sakeman van Parys en lid van We Care. Uitlanders, die jeug en bewusmakingsveldtogte vorm deel van sy GPF-portefeulje.
· Fred Burger (addisionele lid) was vir 32 jaar ‘n lid van die SA Nasionale Weermag, en is ‘n afgetrede gekwalifiseerde eiendomsagent. Geslagsgebaseerde geweld en bewusmakingsveldtogte wat hiermee verband hou, val onder sy GPF-portefeulje.
– Jenny Kruger (addisionele lid) is mede-eienaar van Security Master en lid van AfriForum, Parys. Haar GPF-portefeulje sluit in bewusmakingsveldtogte.
· Selma Kok (addisionele lid) is ‘n raadslid vir NgwatheRA en lid van die Openbare Veiligheid en Vervoer-komitee van die stadsraad. Haar GPF-portefeulje sluit in munisipale dienste en dwelmverwante aangeleenthede.

Tans funksioneer Landelike- en Gemeenskapsveiligheid (LGV), We Care Community Patrols en Parys AfriForum Patrols in
vennootskap met Parys GPF.

Indien daar genoeg navrae is, en beurtkrag dit toelaat, kan die publiek ook via Microsoft Teams by die GPF-vergaderings aansluit. Volg ook gerus die Parys GPF se Facebook-blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button