News

Motorfietsklub diep geraak na tragiese dood van een van sy lede

Die 60-jarige Marius de Beer van Deelkraal het Maandagmiddag 6 Junie tragies gesterf in ‘n motorfietsongeluk op die R500 (Parys/Fochvillepad) net voor die ingang na Smilin Thru. Hy was die oggend in Bloemfontein waar hy ‘n motorfiets gekoop het, en was onderweg huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Hy is op die toneel oorlede. …

Die 60-jarige Marius de Beer van Deelkraal het Maandagmiddag 6 Junie tragies gesterf in ‘n motorfietsongeluk op die R500 (Parys/Fochvillepad) net voor die ingang na Smilin Thru.
Hy was die oggend in Bloemfontein waar hy ‘n motorfiets gekoop het, en was onderweg huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Hy is op die toneel oorlede.

Marius was vir sowat vyf jaar lid van die Wild Hogs Motorfietsklub in Fochville. Sy dood het klublede diep geraak.

Die foto van Marius op die motorfiets wat hy gekoop het, is geneem kort voordat hy in ‘n ongeluk onderweg huis toe gesterf het. Foto: Verskaf

Een van die klublede, Johan Britz, het Marius beskryf as ‘n stil, rustige en godsdienstige man. ‘n Omgee-mens wat onder sy mede-klubmaats die bynaam ‘Pappa Smurf’ gehad het.

Ons opregte medelye met Marius se naasbestaandes en vriende, en dank aan hulle wat bystand op die ongelukstoneel verleen het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button