
Parysenaars kan ‘n winderige en koeler Maandag te wagte wees met die maksimum temperatuur wat op 24 grade Celsius voorspel word,en ‘n minimum van 3 grade.
Dinsdag en Woensdag sal ook nog aan die koeler kant wees met ‘n maksimum van 20 grade en minimum van 6 grade vir Dinsdag.
Woensdag se temperatuur wat vir Parys voorspel word is 23 grade maksimum en 7 grade minimum.
Daarna sal temperature van Donderdag af geleidelik warmer raak.
Die Suid-Arikaanse Weerdiens het reeds twee kouefronte voorspel vir Sondag en Maandag met koue weer, wind, reën en selfs sneeu oor die Noord-, Wes- en Oos-Kaap provinsies.
Die kouer temperature waarmee die week sal afskop is dan ook te wyse aan die kouefront wat teen Maandag na die meer sentrale dele van die land sal versprei, en Dinsdag ook in die oostelike dele van die land gevoel sal word.