News

Klag nou ook by Menseregtekommissie oor dorp se waternood

Dorp se daelange waternood onaanvaarbaar

 

Die AfriForum-tak in Parys het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit vandag (Dinsdag 10 Oktober) ook by die Menseregtekommissie (MRK) verkla omdat dié munisipaliteit reeds jare lank  in gebreke bly om die gemeenskap van genoegsame en skoon water te voorsien. Die burgerregte organisasie het beklemtoon dat toegang tot skoon water ’n grondwetlike reg is soos voorgeskryf in Artikel 27 van die Grondwet, en die lewering daarvan ’n plig is wat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit jammerlik versuim.

 

“Wat die saak vererger, is die feit dat Parys op die walle van die dorp se primêre waterbron, die standhoudende Vaalrivier, lê. Die water moet net gesuiwer word en aan die gemeenskap voorsien word. Dit is egter presies waar die probleem lê. Weens onbevoegdheid en onwilligheid van die munisipaliteit is die watersuiweringswerke in ’n haglike toestand en kan daar nie in die aanvraag voorsien word nie. Voorts bars daar feitlik daagliks ’n waterpyp wat deur onbevoegde kontrakteurs herstel word. Daar is boonop ’n toenemende agterstand ten opsigte van herstelwerk en dit lei onder meer daartoe dat krane opdroog en die gemeenskap voortdurend ly onder die onbevoegdheid van die munisipaliteit, sê AriForum in sy verklaring.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button