News

Pitbull-saak nie vanjaar weer voor hof nie

Familie ontsteld na Pitbull-saak weer uitgestel is

Die verhoor van die eienaars van pitbull-honde waar ‘n huishulp, Dipuo Kokolosi (48), deur dié honde op 25 Januarie 2022 verskeur is, is Maandag, 6 November) weens ‘n foutiewe opnamemasjien uitgestel na 9-10 Januarie 2024.

Chandré en Marno Mostert, word beide ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede aangekla. Daar word beweer dat hulle nalatig was.

Tydens die voorval het die honde Kokolosi se neus, lip, en oorskulpe afgeruk en ook ander dele van haar liggaam gebyt. Kokolosi sal na verwagting weer op 15 Januarie 2024 geopereer word om die skade aan haar neus te herstel.

 

Chandré Mostert (middel) en Marno Mostert (regs) saam met hul regsverteenwoordiger, Anei de Waal (links) buite die Potchefstroom Stadsaal. Die Mostert-egpaar word ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede aangekla dat hul nalatig was. Foto: Wouter Pienaar.

.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button