Local newsNews

Skoolkinders met spesiale behoeftes kry regte plaaservaring by Udolpho

Dit is belangrik dat álle kinders hulle geskiedenis moet leer.

 

Daarom het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die kinders van Chalk Board Champs, ’n skool met kinders wat spesiale behoeftes het, met ope arms by Udolpho Rivierplaas net buite Parys in die Vrystaat ontvang, en vir hulle ’n hele naweek propvol erfenispret en avontuur moontlik gemaak.

Dié skool kon die afgelope naweek Udolpho Rivierplaas op die oewer van die Vaalrivier besoek en was vir die meeste van die kinders hul eerste regte plaaservaring. Die uitstappie is moontlik gemaak danksy die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) wat die uitstappie na sy kultuuroord geskenk het.

Dié kinders het die volle plaasbelewenis geniet. Hulle het kleilat gespeel, jukskei gegooi en al Udolpho se vele aktiwiteite meegemaak. Die kinders het by die huismuseum, Ouma se Huis vertoef, asook die Anglo-Boereoorlog-uitstalling geniet.

“Die verskillende artefakte het die seuns gefassineer en glo ek ’n nuwe wêreld vir hierdie kinders oopgemaak.”

Só sê Jan-Danie Malan, kultuurkoördineerder van die FAK se kultuurnetwerke in die sentrale streke van Suid-Afrika.

“Ons as Afrikaners het ’n plig teenoor ons kinders wat ’n hand van vertroue na ons uitsteek; ’n hand wat vra ‘lei ons op die regte pad’. Wat anders kan ons doen as om verantwoordelike Afrikaners te wees, die roepstem te hoor en ons kinders menswaardig en geliefd te laat voel.” sê Malan.

Op 16 Junie het die Chalk Board Champs vir die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk by die Vereeniging-konsentrasiekamp opgetree. Dié kinders het die lied, “De la Rey” stylvol in die vorm van ’n dans uitgevoer.

“’n Onvergeetlike ervaring waar nuwe wêrelde ontsluit is. Om die geskiedenis in lewende lywe te ervaar, het elke kind geraak en ’n nuwe veld van ontdekking en leer oopgesluit. Vir oud en jonk was die leerervaring tasbaar en die begin van ’n avontuur van ‘ons wil nog’. Nog sien, nog leer, nog ervaar.”

Die Anglo Boere-oorlog uitstalling was vir die kinders baie interessant. Foto’s: Verskaf
Jan-Danie Malan wys die kinders van die items uit Ouma se Huis.

Só sê die onderwyseres Nadya Vermeulen wat saam met juffrou Mirna Vermeulen die kinders met liefde en geduld opvoed. Hulle het die FAK en Udolpho se personeel bedank vir ’n onvergeetlike naweek.

Dis die ideale wegbreek vir diegene wat uit die geraas van die stad wil ontsnap en die natuur op sy beste wil ervaar.

Kontak gerus Jan-Danie Malan 082 965 7002 vir navrae om naweke soos hierdie ook vir jou skool te beplan. Udolpho is ’n plek waar die Afrikanerkultuur leef, waar ons kan trots wees op ons erfenis.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button