Local newsNews
Familie soek van drie wat sterf in Parys-omgewing
Familie van die oorledenes is gevra om speur a.o Rick Hunter te skakel by 073 648 9927. Inligting kan ook op die MySAPS toepassing deurgegee word, of skakel die polisie se Stop Misdaad nommer by 08600 10111

Die polisie is dringend op soek na die familie van drie mans wie se naasbestaandes nog nie opgespoor kon word nie. Hulle is in afsonderlike voorvalle oorlede.
- Die liggaam van ‘n blanke man is Sondag 21 Augustus deur ‘n verbyganger langs die Barrage-pad opgemerk. Hy is later as die 53-jarige mnr. Aubrey Louis Verwey geïdentifiseer, en het ten tyde van sy dood ‘n blou denim en wit T-hemp gedra. Sy familie kon nog nie opgespoor word nie.
- Op Maandag 26 Junie is Simphiwe Welcome Khumalo (46) in die Parys Distrik-hospitaal opgeneem na ‘n aanrandingsvoorval. ‘n Dag later het hy aan sy bewerings beswyk. Hy het ‘n swart T-hemp en swart sweetpakbroek gedra. Op beide die T-hemp en sweetpakbroek was die Mswenko-embleem.
- In die derde geval is die skelet van ‘n man in die Parys-omgewing gekry. Daar was ‘n metaalplaat in die skedel by die regteroog. Swart veiligheidsskoene, ‘n bruin T-hemp, wit kortbroek, swart langbroek en blou sweetpakbaadjie is op die toneel gekry.
As jy enigiemand vermis wat aan die beskrywings sou voldoen of enige inligting het wat sal lei tot die opsporing van die oorledenes se familie, skakel asb speur a.o. Rick Hunter by 073 648 9927. Jy kan ook inligting op die MySAPS-toepassing deurgee of die Stop Misdaadnommer skakel by 08600 10111.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



