Local newsNews

Bakkie vlamme toe in dié watergat geblus

Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie.

‘n Bedagsame motoris het Maandag tot die redding van ‘n tegnikus van Valtrac gekom toe hy hom beduie het om hom te volg na ‘n nabygeleë gruisgroef vol water nadat sy bakkie onverklaarbaar aan die brand geraak het op die R53 net voor die T-aansluiting van die Parys/Potchefstroom-pad met die Parys/Fochvillepad.

Gert Pretorius, tegnikus by Valtrac, was onderweg terug na Parys nadat hy vroeër die dag herstelwerk aan ‘n trekker vir ‘n kliënt net buite Potchefstroom moes doen. ‘n Verbygaande motoris het beduie daar is fout met die bakkie, en het Gert dadelik stil gehou.

Kort daarna het nog ‘n motoris wat die rook by die bakkie opgemerk het, vir Gert beduie om hom te volg na die gruisgroef sodat Gert met die bakkie in die watergat kon inry om die vlamme te blus. Die bakkie is daarna deur Johnnys Insleepdienste uit die water gesleep.
Niemand is in die voorval beseer nie.

Die diensvoertuig van Valtrac wat Maandag onverklaarbaar aan die brand geraak het. Gelukkig kon die vlamme in die watergat geblus word.

Related Articles

Back to top button