Local newsNews
Soveel moet huishulpe en plaaswerkers nou betaal word
Verhoging in nasionale minimum loon bekendgemaak

Die nasionale minimum loon wat ook vir huis- en plaaswerkers geld, word vanaf 1 Maart met 8,5% verhoog na R27,58 per uur. Tot nou toe was die minimum loon per uur R25,42.
Die minimum loon sluit naas plaas- en huiwerkers, ook skoonmakers, kinderoppassers en tuiniers in
Werkers in die regering se uitgebreide openbare werke program (Expanded Public Works Program) kry ook ‘n verhoging van 8,5%. Die nuwe uurloon vanaf 1 Maart vir hierdie werkers sal dan R15,16 per uur wees.
Die nuwe minimum loon is Vrydag 2 Februarie in die staatskoerant gepubliseer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



