Local newsNews

Hoërskool Riebeeckstad bustragedie: Departement sê oor beseerdes

Ons bid vir die skool, sy personeel en leerders en die families wat deur hierdie tragedie geraak is.

‘n Veertienjarige leerder van Hoërskool Riebeeckstad wat Dinsdag in die tragiese busongeluk op die R70 net buite Ventersburg beseer is, word tans in die Pelenomi Tersiêre hospitaal in Bloemfontein behandel nadat sy van die Dihlabeng streekshospitaal oorgeplaas is vir spesialis neurochirurgiese behandeling.

Ten spyte van ernstige kopbeserings wat sy in die ongeluk opgedoen het, gaan dit onder omstandighede goed met die pasiënt, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid vanmiddag, Donderdag 8 Februarie gesê.

Mvambi het gesê dat daar hoop is vir volkome herstel danksy die uitstaande mediese hulp wat sy op die ongelukstoneel ontvang het, en in die Itemoheng en Dihlabengse hospitale.

Nog ‘n 14-jarige leerder wat gesigbeserings in die ongeluk opgedoen het, word steeds in die Dihlabeng streekshospitaal behandel en sal Maandag 12 Februarie ‘n plastiese chirurg sien.

Drie leerders word ook nog in die Bongani streekshospitaal behandel en is stabiel nadat hulle ernstige kopbeserings in die ongeluk opgedoen het. Een van dié drie leerders is reeds Dinsdag 6 Februarie geopereer en sterk goed aan, het Mvambi bevestig.

Hy het ook gesê dat ‘n sesde leerder wat beseer is in die ongeluk, in die Medi Clinic in Welkom is, en dat ook sy goed aan sterk.

Mvambi het weer bevestig dat die dodetal van die tragiese busongeluk  steeds op ses staan.

Die kinders was van Moolmanshoek per bus na Riebeeckstad in Welkom onderweg, toe die ongeluk Dinsdag 6 Februarie sowat 30km buite Ventersburg op die Ventersburg/Senekal-pad gebeur het.

Sowat 58 dogters was in die bus, nadat hulle vroeër die dag ‘n buitelug sportgeleentheid vir dogters bygewoon het, het die kantoor van die Vrystaatse premier by monde van Palesa Chubisi, Dinsdag in ‘n verklaring gesê.

Die ses dogters wat noodlottig beseer is, is op die ongelukstoneel dood verklaar. Die name van die oorledenes is nog nie amptelike bekendgemaak nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button