Local newsNews

Hansie sal altyd onthou word vir sy sagte hart

Oud-sakeman van Parys sterf op 84

Hansie Claassens wat vir die grootste deel van sy lewe in Parys gevestig was, is op 7 Februarie oorlede. Hy was 84 jaar oud.

Hansie het vir baie jare sy eie onderneming, Parys Bande gehad.

Hy was ook sy  lewe lank ‘n polisiereservis – iets wat vir hom ‘n groot passie was.

By die NG Wes-gemeente was hy baie betrokke as kategese onderwyser en ouderling.

Hansie en sy vrou, Jeanette, het die afgelope paar jaar by sy seun, Riaan, in Polokwane gebly.

Hansie sal in liefdevolle herinnering onthou word deur Jeanette, sy dogter Cerina en skoonseun Christo Bezuidenhout, sy seun Riaan en skoondogter Mandie, en vier kleinkinders.

“Ons sal hom altyd onthou vir sy sagte hart, sin vir humor en sy liefde vir diere,” het Cerina namens die familie gesê.

Die roudiens word gehou Saterdag 17 Februarie om 14:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button