‘Drive thru’ oeps by Truworths
Die skade sal herstel word en die winkel is oop vir besigheid soos gewoonlik.

Die sakekern van Parys was Donderdagaand 15 Februarie rondom 18:00 behoorlik in rep en roer nadat ‘n dubbelkajuitbakkie teen die gebou waarin Truwoths is, gebots het. ‘n Gedeelte van die steenmuur asook een van die winkelvensters is in die ongeluk beskadig.
Gelukkig is daar nie skade aan voorraad in die winkel nie, en was daar geen personeel of klante in die winkel ten tyde van die ongeluk nie. Die winkel was reeds vir die besigheidsdag gesluit.


Ook die parkeerarea voor die winkel was stil omdat meeste besighede in die omgewing reeds gesluit was.
Die winkel is beveilig en sal die skade herstel word.
‘n Persoon is na die ongeluk in hegtenis geneem op klagte van bestuur onder die invloed van alkohol is bevestig.
Truworths het vanoggend, Vrydag 16 Februarie, soos gewoonlik sy deure vir besigheid oopgemaak.