Local newsNews

Feathers kuier weer saam vanaand

Louis Bosch is vanaand se spreker by die Feathers klub byeenkoms

Feathers Voëlklublede het met hul Januarie-uitstappie saam met Dawie Kleynhans ‘n paar plekke om Sasolburg, insluitend Meulsteenpan en Wolwehoek, besoek, en is 132 voëlspesies aangeteken. Meulsteenpan is ‘n fantastiese voëlparadys, maar weens die agteruitgang in die omgewing is dit nie meer veilig vir mense om alleen daar te gaan voëls kyk nie.

Die voërskat van Meulsteenpan.
Feathers-klublede bekyk die voèls van Meulsteenpan

Tydens vanaand se byeenkoms (Donderdag, 22 Februarie) sal Louis Bosch praat oor voëls wat hy al gesien het, en sy foto’s deel. Saterdag, 24 Februarie vertrek die groep om 06:00 vanaf PnP se parkeerterrein om Tava Lingwe tussen Vredefort en Viljoenskroon te besoek. Tydens vorige besoeke is daar al ‘n lys van 70 spesies vir Tava Lingwe opgestel, en dié lys word ook aan besoekers gegee.

Belangstellendes is welkom om beide geleenthede by te woon, maar onthou jou piekniekmandjie, verkyker en ‘n stoel vir die uitstappie.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button