Local newsNews

Geen gesoek meer na strate in Parys nie

Straatname is deesdae ‘n noodsaaklikheid sodat nooddienste, afleweringsdienste en kuiergaste met gemak en betyds by jou huis of besigheid kan kom.

Praat nou van frustrasie! As jy moet soek na ‘n adres in strate sonder name. Danksy ‘n inisiatief van MooiParys, die oop hand van borge en inwoners van die dorp, en die werk van twee entrepreneurs wat straatname en huisnommers verf, is die gesoek na strate in Parys iets van die verlede.

Met sy stensils, gesny uit ou x-straalplate loop Morné Smit en sy vrou, Madelein, kruis en dwars deur die dorp se strate met hul saamsleeptrollie. Waar ookal ‘n straatnaam geborg word, verf Morné.

Danksy MooiParys gaan heelwat van die ou bekende sementblok straatname ook plek kry met ‘n splinternuwe verfbaadjie soos wat die hulp van borge gekry word. Om jou straatnaam op die hoek of voor jou huis op die randsteen te verf, kos R150. Wat die beste werk is om lang strate in blokke op te deel. Huishoudings in ‘n blok kan dan bydra om die straatnaam in daardie blok op die randsteen te laat verf. Dis beter as naamborde op pale wat voete kry en verniel – en boonop netjies.

Daar is ook ekstra van die sement straatnaamblokke beskikbaar wat mense kan koop en waarop enige straatnaam dan geverf kan word om in ‘n blok geplaas te word. Die koste is R400 vir die blok en verfwerk.

Straatname is deesdae ‘n noodsaaklikheid sodat nooddienste, afleweringsdienste en kuiergaste met gemak en betyds by jou huis of besigheid kan kom.

Mense wat op hul hande sit kan nie eet nie, sê Morné, en dit is waarom hulle dit doen. “Gaan kyk maar na my werk,” nooi hy, en rits die straatname een na die ander af in Potch en Parys waar sy kwaste naam maak vir hom op dorpe se randstene. Vir meer inligting oor die projek kan Braam by 072 779 4079 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button