Local newsNews

Datum bekend wanneer Suid-Afrikaners in die buiteland sal stem

Stemdag 'n nasionale vakansiedag vir Suid-Afrikaners

Suid-Afrikaners sal op 29 Mei na die stembus gaan vir die nasionale en provinsiale verkiesings. Dié dag sal ook ‘n nasionale vakansiedag wees om mense die geleentheid te gee om te gaan stem.

As jy in die buiteland wil stem, moet jy die OVK teen 22 April daarvan in kennis stel, en sal stemgeregtigde Suid-Afrikaners in die buiteland op 17 en 18 Mei tussen 07:00 en 19:00 hul stemme uitbring.

Mense wat wil aansoek doen vir ‘n spesiale stem moet die OVK tussen 15 April en 3 Mei daarvan in kennis stel.

Politieke partye wat geregistreer het om aan die verkiesing deel te neem,  het net tyd tot 8 Maart om hul lys van kandidate by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in te dien. Die datum is ook van toepassing op onafhanklike kandidate wat in die verkiesing gaan staan.

Teen 10 April sal Suid-Afrikaners weet hoeveel geregistreerde partye aan vanjaar se verkiesings gaan deelneem, en wie die kandidate is. Die kieserslys word op 12 Maart gesertifiseer.

  • Die OVK se kantoor in Parys is in die Forum-gebou oorkant Spar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button