Local newsNews
Koepel Bewarea bekommerd oor impak van waterslaai en hiasinte
Die Bewarea sê hy wil pro-aktief optree om 'n soortgelyke situasie te voorkom as wat in die Barrage-gebied voorkom, deur te verseker dat opbou van waterslaai en waterhiasint stiptelik geïdentifiseer word.
Die Vredefort Koepel Bewarea is bekommerd oor die impak wat die verspreiding van waterslaai en waterhiasinte op die Vaalririver het, en spesifiek sou hierdie indringerplante hul pad verby die Barrage vind na die gedeelte van die Vaalrivier wat deur die Vredefort Koepel vloei.
In ‘n boodskap wat deur die Bewarea gedeel is, word gesê daar daar beraam word dat daar tans sowat 20% tot 25% van die 39 km Vaal Barrage opgaargebied bedek is met waterslaai en waterhiasinte.
Die Vredefort Koepel Bewarea het reeds kontak gemaak met verskeie belanghebbendes soos SAVE the Vaal, Departement van Water en Sanitasie (DWS), Departement Bosbou, Visserye en Omgewingsake (DFFE), Rand Water en die terreinbestuurder van die Vredefort Koepel, wie almal die saak met dringendheid aanspreek, sê die Bewarea.
“Ons doelwit is om pro-aktief te wees om ‘n soortgelyke situasie te voorkom as wat in die Barrage-gebied voorkom, deur te verseker dat opbou van waterslaai en waterhiasint stiptelik geïdentifiseer en met die korrekte produkte behandel word,” is gesê.
Daar is ook aangedui dat verdere inligting sal volg, en is grondeienaars langs die Vaalrivier in die Koepel-area gevra dat inligting en foto’s van waterslaai en waterhiasinte wat in die rivier opgebou het, gestuur sal word na Mike Erasmus by info@dome-conservancy.co.za of op WhatsApp (076 856 7344).
Die doel is om die omvang van die probleem hier vas te stel. Mense is ook genooi om kommentaar en vrae te deel.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.