Gratis lidmaatskap vir inwoners by dorpsbiblioteek
Die netjiese en skoon biblioteek met sy vriendelike personeel is 'n aanwins vir die dorp.

Die Parys Openbare biblioteek personeel herinner inwoners weer daaraan dat lidmaatskap by die biblioteek gratis is. Al wat jy moet doen om lidmaatskap te kry, is om jou ID/smart kaart na die biblioteek te bring asook bewys van jou woonadres en verwysings en kontaknommers van twee persone wat nie by jou bly nie.
Naas boeke kan jy ook CD’s uitneem. Daar is toegang tot die internet wat jy gratis kan gebruik vir ‘n uur. Ideaal vir studente en leerders wat inligting vir take of projekte moet soek.
Vir die kinders is daar ‘n spesiale kinderafdeling waar hulle kan boeke uitneem.
Daar is ook ‘n wye verskeidenheid van opvoedkundige speletjies en speelgoed waarmee kinders hulle in die biblioteek vir ure kan vermaak.
Die netjiese en skoon biblioteek met sy vriendelike personeel is ‘n aanwins vir die dorp. Die biblioteek val onder die Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Rekreasie. Beatrice Lodada is die hoofbibliotekaris van die biblioteek.
Die biblioteek is oop Maandae tot Vrydae 08:45 tot 16:30.
Die personeel van Parys Openbare biblioteek.
Solly werskaf in die tuin voor die biblioteek.