Local newsNews

George-bouramp opgedateer: Dodetal styg verder

Sielkundiges wat dié tale magtig is, nou baie nodig

George munisipaliteit het  bevestig dat die dodetal teen 12:00 Maandag 13 Mei op 26 gestaan het na die bouramp ‘n week gelede op die bouperseel in Victoriastraat 75.

Dertien mense wat gered is uit die puin is steeds in die hospitaal vir behandeling terwyl daar nog gesoek word na 26 mense.

Die soek en reddingsoperasie duur voort nadat reddingspanne reeds 166 uur op die perseel is.

Daar is ook vanoggend gesê dat gepoog word om die proses te bespoedig om oorledenes te identifiseer.

Daar is reeds gister gevra vir dringende professionele sielkundige hulp van mense wat die tale Chewa, Portugees en Shona magtig is, om die oorlewendes en families van die slagoffers by te staan.  Mense wat kan help is gevra om  Kholiswa Jobela by 078 210 5972 of mnr. Apolus Swart te skakel by 061 504 4205.

  • ‘n Minuut van stilte sal ook vanmiddag, Maandag 13 Mei om 14:09  gehou word ter nagegagtenis aan hulle wat in die ramp gesterf het en in ondersteuning van families wat deur die tragedie geraak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button