Local newsNews

Nomineer jou gunsteling sakeonderneming in Parys

Maak seker jy nomineer so gou moontlik die sakeondernemings in Parys wat na jou mening die toekennings verdien.

Daar is niks wat kom by uitstaande kliëntediens nie. Juis daarom wil ons lesers nooi om deel te neem aan ‘n projek om erkenning te gee aan ons uitblinker-sakelui. Parys se sakelui speel ‘n deurslaggewende rol om werk te skep en die dorp se ekonomiese wiele aan die rol te hou.

MooiVaal Media sal deur middel van die Best of Parys Readers’ Choice Awards erkenning gee aan plaaslike besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering ‘n goeie naam in Parys opgebou het – hetsy dit koffiewinkels, restaurante, gastehuise, apteke, eiendomsagentskappe noem maar op, of enige ander private onderneming is.

Die publiek word daarom gevra om hul gunsteling ondernemings in Parys te nomineer. Dit is sakeplekke waar kliënte diens van uitsonderlike hoë gehalte ontvang, en wat na hul mening ‘n spesiale pluimpie verdien. Kom word deel van hierdie positiewe dryfkrag!

Besoek die aanlyn nominasieblad by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys/

of skandeer die QR kode wat jou direk na die inskrywingsvorm neem.

Nominasies kan gedoen word tussen 30 Mei en 27 Junie. Let daarop dat die kompetisie in digitale formaat is, en dat slegs digitale nominasies aanvaar sal word.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

Maak seker jy nomineer so gou moontlik die sakeondernemings in Parys wat na jou mening die toekennings verdien.

Onthou jy mag meer as een onderneming in ‘n kategorie nomineer.

Jy kan ook besighede in verskeie kategorieë nomineer.

 

Related Articles

Back to top button