Local newsNews

So het Ngwathe-kiesers gestem

Die verkiesingsuitslae en seteltoekenning word op Donderdag 6 Junie geproklameer.

Slegs 58,63% van geregistreerde kiesers in die Vrystaat het in vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesing gestem. Met die finale verkiesingsuitslae wat Sondagaand 2 Junie bekendgemaak is, het die ANC die meerderheid stemme in dié provinsie gekry (51,87%), gevolg deur die DA met 21,88% en die EFF met 13,52%. MK steun in die Vrystaat staan op 1,93%, vir die VF Pus 3,01%, ACT 1,83% , PA 1,42% en Action SA 0,54%

Die verwagte seteltoekenning van die 30 setels in die Vrystaatse Wetgewer sal beteken dat die ANC die meerderheid sal hê met 16 setels. Dit is egter drie setels minder as met die 2019 nasionale en provinsiale verkiesing. Teenoor 2019 kry die DA een setel by na die 2024 verkiesing om dus nou sewe setels in die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer te hê. Die EFF behou sy 4 setels, maar een setel elk gaan aan die VF Plus, MK en ACT

Ngwathe kiesers se voorlopers in die streeksuitslae was:

ANC –  52,82% (19 820)

DA 20,29% (7 614 stemme)

EFF 12,98% (4 872 stemme)

VF Plus 5,19% (1 948 stemme)

MK 2,64% (992)

Action SA 1,21% (454 stemme)

Patriotic Alliance 0,84% (314 stemme).

Op provinsiale vlak het Ngwathe se stem so gelyk:

ANC –  49,16%

DA – 19,92%

ACT – 10,97%

EFF – 10,15%

VF Plus – 4,77%

Action SA – 0,99%

Patriotic Alliance – 0,77%

MK – 0,63%

By die NG Wes-kerk waar kiesers op stemdag deurentyd in lang toue gestaan het om te kon stem, was daar ‘n 67,04% stempersentasie. By die Parys biblioteek het 67,95% van geregistreerde kiesers gestem, en by die dorp se stadsaal 70,82%.

Die Suid-kerk se stempersentasie van 84,89%, die Rotary-klub 83,57%, by die tent by die hospitaal 82,78%  en by Silhouette 67,42%

Van die hoogste stempersentasies in Ngwathe was by die Mokwallo Multipurpose Centre (90,38%), en van die laagstes by Mokwallo Public Primary School (37,13%).

Die Mosepidi gemeenskapsaal in Tumahole het ‘n 63,48% stempersentasie gehad, terwyl net 43,64% van geregistreerde kiesers het by die Schonkenville gemeenkskapsaal gestem het, 48,66% by Phehellang, 53,55% by Barnard Molokoane, en 53, 60% by die Master Nakedi sportsentrum.

By die African Presbeterian Church waar ACT-leier Ace Magashule, eertydse Vrystaatse premier en sekretaris-generaal van die ANC gestem het, was die stempersentasie 75,21%.

Nasionale Uitslae

In totaal het die ANC op nasionale vlak die meerderheid stemme behaal met 40,19% gevolg deur die DA met 21,80% stemme en MK met 14,59%.  Die EFF het op nasionale vlak 9,52% stemme, die Patriotic Allicance 2,06%, VF Plus 1,36%,  Action SA 1,2% en ACT 0,11%.

Die nasionale stempersentasie was 58,63%.

Die verkiesingsuitslae en seteltoekenning word op Donderdag 6 Junie geproklameer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button