Local newsNewsSport

Comrades en seewater vir Parysenaars

Parys hou styf duim vas vir julle!

Nie eens die ysige winterweer hou Parysenaars weg van ‘n uitdaging nie. Anina de Villiers en Hendrik en Nellie Scheepers sal Saterdag, 8 Junie aan die World Ocean Day Swim in Durban deelneem.

Anina en Hendrik sal die 5 km vrywater swem doen, en Nellie die 800 m vrywater swem.
Die geleentheid wat by die Durban Beach Club gehou word, is ‘n fondsinsameling vir die organisasie Breathe vir hul onmgewings-opvoedingsprogram.

Anina de Villiers en Lorette Pretorius waar hulle vroeër aan die Wildernis Driekamp deelgeneem het.

Lorette Pretorius en Wiekes Coetzer sal op hul beurt in die kleure van Parys Multisport die 2024 Comrades-uitdaging op Sondag, 9 Junie aanpak.

Vir Lorette Pretorius is dit weliswaar nie ‘n eerste Comrades nie, maar die eerste keer in sewe jaar dat sy deelneem. Die foto is geneem toe sy aan die Sasol-marathon deelgeneem het.
Wiekes Coetzer wat vanjaar sy eerste Comrades-marathon aandurf.

Vanjaar se 86 km Comrades-uitdaging word opdraande van Durban na Pietermaritzburg gehardloop.

Vir Lorette is dit haar vierde Comrades, maar ‘n besondere mylpaal op 50-jarige ouderdom met haar laaste Comrades wat sy sewe jaar gelede gehardloop het.

Dit het harde ure se oefen gekos met tussen 80 km en 90 km per week wat sy gehardloop het om haarself voor te berei, gesels sy.

Vir Wiekes sal dit sy eerste Comrades wees.

Beide Lorette en Wiekes het ook vroeër vanjaar die Twee Oseane marathon voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button