Local newsNewsSport

7-Jarige JW gereed vir Wêreldkampioenskappe

Verlede week is 'n Better Ball Scramble Drive op die Vaal de Grace-baan gehou as fondsinsameling vir JW se deelname aan die wêreldkampioenskappe.

Die 7-jarige JW Fourie, ‘n graad 2-leerder aan Parys Primêre skool, sien sommer baie uit na wanneer hy later vanjaar in Amerika by die Wêreld Junior Gholfkampioenskappe sal afslaan. Die kampioenskappe word van 1 tot 3 Augustus in Pinehurst, North Carolina, gehou.. JW het sedert verlede jaar baie hard gewerk om te kon kwalifiseer met die US Kids en SA Kids toernooie waaraan hy deelgeneem het. Hy is een van 17 SA juniors wat aan die kampioenskappe gaan deelneem.

Pa Coenie vertel dat JW gholf speel vandat hy begin loop het, en dat sy liefde vir gholf klein-klein gevestig is met oupa James Venter en Coenie wat beide ook graag gholf speel. Naas JW se weeklikse professionele afrigting, maak pa en seun ook tyd om gereeld saam te speel en te oefen, en sal Coenie vir JW ‘caddy’ by die wêreldkampioenskappe.

Elke gholfbaan is anders vertel die twee, maar het dit met hul vorige besoek aan Amerika toe JW in 2023 aan die Pepsi Little Peoples en State Farm Youth Classic uitnodigingstoernooie deelgeneem het, hulle opgeval hoe groot die liefde vir gholf onder Amerikaners is.

JW is die Fourie-gesin se oudste, en hoop hy om te wen by die kampioenskappe.

Verlede week is ‘n Better Ball Scramble Drive op die Vaal de Grace-baan gehou as fondsinsameling vir JW se deelname aan die wêreldkampioenskappe.

Nie eens die ysige winterkoue wat vroegoggend op die gholfbaan gevoel is, het die 84 gholfspelers weggehou van die dag se kompetisie nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button