
Sit ‘n bord geurige kerrie, koeksisters en die veelsydigheid van komponis, liedjieskrywer en sanger Danie Niehaus bymekaar en jy het ‘n wenresep.
Gaste is Saterdagaand getrakteer met ‘n bietjie Elvis, Neil Diamond, die bekende klanke van Purple Rain en ‘n hele paar vrolike Medleys om die winterkoue weg te hou by Doringbos Lodge & Venue.
By die honderd mense het die aand saam met die 71-jarige Danie geniet wat weer gewys het dat hy ‘n meester op die verhoog is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



