
Sodra die winterkoue kom, is dit tyd vir duiwewedvlugte om in alle erns te begin. Wedvlugte begin einde Mei, en strek oor vier maande. Om dié sport te beoefen verg toewyding, en soos met elke goeie atleet is voorbereiding en die regte dieet deel van die resep tot sukses.
Ses weke voor die vliegseisoen begin, word die duiwe sowat 10 km van hul huis losgelaat om terug te vlieg. Daarna elke keer ‘n bietjie verder. Met die loslaat word die duiwe in alle rigtings gelos om weer hul huis te kry.
Duiwe word vandat hulle gespeen is op ‘n broeimengsel geplaas om goeie bou te bevorder. Alle vlugduiwe word ook geënt teen moontlike siektes.
As jy wonder oor die eienskappe van die ideale vliegduif, is fiksheids beslis nommer een.
Slegs duiwe wat topfiks is, word vir die wedvlug ingskryf.
Geen duif met ‘n siektetoestand soos kanker, koksidose en sirkelvirus word ingeskryf nie.
Elke wedvlugduif word toegerus met ‘n elektroniese ring aan sy been.
Dié ring word dan geskandeer met mandjie aand, en word weer geklok met ‘n elektroniese apparaat wanneer die duif ná die wedvlug by sy huis land.
Duiwe word Donderdagaande per vragmotor vervoer na die dorp waarvandaan hul vir die wedvlug sal vlieg, en word dan Saterdagoggende losgelaat.
Op die vragmotors word ook voorsiening gemaak vir genoeg kos en water vir die duiwe.
Die posduifklub in Parys is sedert 2023 weer aktief, en het die ses lede van die Legends Parys-posduifklub die afgelope naweek hul eerste vlugte vir die seisoen gevlieg toe daar vlerke geklap is vanaf Bloemfontein.
Die Bloemfontein 1 Jaaroud-vlug is gewen deur MJ Lofts, gevolg deur Maree-hokke in die tweede en derde plekke, en Sys van Rooyen-hokke vierde.
Een van die klub se nuwe lede, Nollie Meintjies, se duiwe het gesorg vir die 5de, 8ste, 9de, 15de, 16de, 22ste, 24ste, 26ste en 28ste plekke.
Nog ‘n nuweling, Ujdur-hokke was 6de, 13de en 21ste.
Maree-hokke spog ook met die 7de, 10de, 11de, 12de, 18de, 19de, 23ste, 27ste en 30ste plekke.
MJ Lofts was 14de, 20ste, 25ste, en Sys van Rooyen se duiwe 17de en 29ste.
Die Bloemfontein 1 Jaaroud-vlug was ‘n Unie-vlug waaraan duiweboere in Parys, Vanderbijlpark en Vereeniging deelneem onder die sambreel van die Vaal Posduif Unie.
Die Bloemfontein 2 Ope is gewen deur Ujdur-hokke met MJ Lofts se duiwe tweede, en Ujdur-hokke derde.
Die res van die vluguitslae was as volg:
Maree-hokke – 4de, 5de, 10de, 16de, 19de, 24ste.
Sys van Rooyen-hokke – 6de, 7de, 11de, 12de, 18de, 22ste, 23ste, 25ste, 26ste, 29ste en 30ste.
Udur-hokke – 8ste, 13de, 15de, 17de, 20ste. MJ Lofts – 9de, 14de, 21ste en 27ste.
Nollie Meintjies – 28ste.
Met die Bloemfontein 1 Spes-vlug het Sys van Rooyen en Maree-hokke se duiwe die plekke ingeryg.
Sys van Rooyen-hokke het die 1ste, 3de, 6de, 9de, 11de en 14de plekke gevat, terwyl Maree-hokke kon spog met die 2de, 4de, 5de, 7de, 8ste, 10de, 12de en 13de posisies. Nollie Meintjies se duiwe was 15de.
Jy kan Danie Maree by 083 696 6167 skakel as jy wil aansluit by die klub, of as jy graag duiwe wil loslaat by ‘n troue of ander funksie.



