Local newsNews

Konsertprogram wat jou hart sal verwarm en jou siel sal verryk

Mense wat graag 'n kaartjie wil borg vir ‘n kind wat 'n liefde het vir musiek maar nie 'n kaartjie kan bekostig nie, kan Erna skakel by 082 565 1085

Die besondere musikale belewenis van ‘n simfonieorkes uitvoering in die platteland word nie sommer gehoor nie. Die voorreg om die uitstaande talent van die FAK jeugsimfonieorkeste kan hoor in Vredefort se bekende NG Kerk is eersdaags inwoners van dié klein Vrystaatse dorp in die hart van die Vredefort Koepel, en besoekers van naburige dorpe beskore wanneer die orkes op 28 Junie hier optree

Die konsert begin om 17:30 vir 18:00, en sal jy kan luister na hierdie 21 jongmense wat jou hart sal verwarm en jou siel sal verryk met ‘n uitsonderlike konsertprogram.

Elke individuele speler in ‘n orkes is belangrik, maar daar is ‘n paar sleutelposisies met groot verantwoordelikhede waarvoor in ‘n professionele orkes groter salarisse betaal word. Die belangrikste rol is natuurlik dié van die dirigent, in hierdie geval Jaco van Staden. Die violis, Charmilé Strauss, vervul die rol van konsertmeester en assistent, en Lieandri Ackermann is die orkesbestuurder.

Jaco beoefen ‘n loopbaan as Franse horing-speler, dirigent en koperblaasinstrument-onderwyser. Gedurende sy studiejare verower hy die Franse horing-beurs by die Stellenbosch Internasionale
Kamermusiekfees (SICMF), waar hy onder die wêreldbekende Franse horing-solis Abel Pereira in Portugal studeer het.

In 2014 tree hy as gasspeler saam met die Orquestra Simfonica da Porto op. Jaco ontvang ook lesse in Wene by die Oostenrykse horingspeler Volker Altmann (voorheen Weense Filharmoniese Orkes) met behulp van MIA G I (Musicisa Great Investment).

Hy ontvang meestersklasse by verskeie ander internasionale horingspelers, naamlik Jeff Nelsen, James Nickel en Bodhan Sebestik.

Tussen 2012 en 2017 studeer hy dirigeerkuns onder die Nederlandse dirigent Gerben Grooten, en ontvang
meestersklasse by Daniel Boico en Victor Yampolsky. Jaco woon meestersklasse in dirigeerkuns van prof. Mark Stringer by die Universiteit van Musiek en Kuns in Wene by en ontvang privaatonderrig by prof. Georg
Mark by die Weense Volksoper. In 2016 is hy die naaswenner in die derde Len van
Zyl Nasionale Dirigeerkunskompetisie en dirigeer die Kaapse Filharmoniese Orkes by die finale rondte.

Jaco is tans verbonde aan die FAK waar hy as dirigent van die Jeugsimfonieorkes en voorsitter van die FAK-sangbundelkomitee dien. Hy is ‘n koperblaasonderwyser by Afrikaanse Hoër Seunskool en
Afrikaanse Hoër Meisieskool, met Franse horing as spesialisinstrument. Hy was voorheen dosent in ensemble-uitvoering en dirigeerkuns aan die Universiteit van Pretoria. Sedert 2009 is hy ‘n
vryskuthoringspeler vir verskeie orkeste regoor Suid-Afrika en tree veral op saam met die JPO, JFO, GPO, MNPO, KZNPO en MIAGI.

Jaco het by talle internasionalemusiekfeeste soos die Verbier-fees, Young Euro Classic-fees, SchleswigHolstein-musiekfees, Ludwigsburger Schlossfestspiele en die Toblach Mahlerfees saam met die MIAGI-orkes opgetree.

Tydens die 2018 Europese toer was Jaco ook assistentdirigent van maestro Duncan Ward, en in dieselfde jaar aangestel as die dirigent van die Pretoria Simfonieorkes.

Jaco verskyn dikwels as gasdirigent van verskeie orkeste in Gauteng en is ook gereeld betrokke in die
musiekgemeenskap as beoordelaar en eksaminator. Hy was die voormalige dirigent en medestigter van die UNISA Blaasensemble en Simfonieorkes.

Jaco is baie passievol oor kamermusiek en het studeer aan die Universiteit van Pretoria in kamermusiek onder leidingvan Prof. Clorinda Panebianco.

Kaartjies vir die konsert in Vredefort kos R120 vir volwassenes en R80 vir kinders.

Gebruik die skakel https:// plankton.mobi/Events/EventBooking/a32c147b-8394-45f3-b355-8b60659f023 om kaartjies te koop, of betaal kontant by die deur. Konsertgangers sal kan
warm word met ‘n glasie sjerrie, koffie of warm sjokolade wat na die konsert te koop sal wees. As jy aanlyn kaartjiesgekoop het, druk vooraf jou kaartjie om oponthoud by die deure te voorkom

Mense wat graag ‘n kaartjie wil borg vir ‘n kind wat ‘n liefde het vir musiek maar nie ‘n kaartjie kan bekostig nie, kan Erna skakel by 082 565 1085

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button