Local newsNews

River Lake ‘n voëlkyk-paradys

Onthou die klub kom weer komende Donderdag bymekaar

Feathers se laaste uitstappie voor die twee koue wintersmaande, was na River Lake waar 52 voëlspesies aangeteken is. Dit bring die totaal van voëlspesies wat reeds hier aangeteken is, op 59 te staan. River Lake
is ‘n hengel- en kampeerterrein in Lindequesdrift wat ook verlede jaar kwaai onder die Vaalrivier-vloed deurgeloop het, maar sedertdien pragtig herstel is.

Tydens Feathers se volgende byeenkoms op Donderdag, 27 Junie, sal Petro Treurnicht van haar foto’s kom wys.

Dit vind soos gewoonlik om 18:30 by Sally Martinpark se saal plaas. Na afloop van die aanbieding sal daar saam gekuier word om ‘n koppie sop en ‘n broodjie.

Gedurende die winter hou die klub  geen formele uitstappies tydens Junie en Julie nie
maar daar sal wel weer op Donderdag, 25 Julie ‘n byeenkoms wees.

Alle belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon. Bring net jou
sophouer en lepel saam.

Vir meer inligting oor Feathers of die byeenkomste, kontak  vir Hansie Bekker
(082 820 4306), Peter Killian (083 625 8100) of Martin Wolmarans (082 851 2121).

Related Articles

Back to top button