Local newsNews

Alle pasiënte voor rekenskap gegee na brand by hospitaal

Naasbestaandes wat vrae of onsekerhede het oor waar hul geliefdes opgeneem is, kan 051 403 9869 skakel. 

Alle pasiënte van die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein kon voor rekenskap gegee word, en is veilig en opgeneem in verskeie hospitale in Manguang, het Mondli Mvambu, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid vanoggend, Maandag 8 Julie bevestig.

Dit volg nadat chaos Sondagmiddag 7 Julie om 15:20 by  Nasionale Hospitaal in Bloemfontein ontstaan het toe ‘n brand buite die pediatriese saal uitgebreek en  na die eerste en tweede vloere van die hospitaal versprei het.

Dit was Sondagaand nog onseke rwat die brand veroorsaak het, het  Mvambi gesê.

Rook het dwarsdeur die hospitaal versprei en is die hospitaal se noodplan geaktiveer om pasiënte en personeel inderhaas uit die hospitaal te ontruim.

Die Manguang Metro Brand en Noodreddingsdienste en ander staat en private Nood Mediese Dienste het gehelp om die 83 pasiënte in sale  na veiligheid te neem.

Daar is vanoggend bevestig dat pasiënte na 3 Militêre Hospitaal in Tempe, Pelenomi Teriêre Hospitaal, die Dr JS Moroka Hospitaal, Universitas Akademiese Hospitaal, Botshabelo Distriks Hospitaal en MUCPP en Onkologie geneem is.

Naasbestaandes wat vrae of onsekerhede het oor waar hul geliefdes opgeneem is, kan 051 403 9869 skakel.

Die LUR vir Gesondheid sal ook vanaf 09:00 by Nasionale Hospitaal wees om verdere inligting oor die jongste verwikkelinge na die brand te gee, het Mvambi bevestig.

Daar is ook reeds bevestig dat daar geen beserings of sterftes as gevolg van die brand was nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button