
Jou omgee kan hierdie winter help om die voete van inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys warm te hou met die Tekkies Brand-projek. Die projek word vanjaar saam met leerders van Hoërskool Parys aangepak om seker te maak dat niemand in hierdie koue sonder skoene sal wees nie.
Parysenaars kan tot Vrydag 12 Julie tekkies en enige ander skoene afgee by die sentrum in Boomstraat, terwyl hoërskoolleerders hul skoenbydraes vir die projek skool toe kan neem.
Die skoene waarvoor jy nie nut het nie, kan ‘n groot verskil vir iemand anders maak.
Die skoene sal onder die inwoners van die Epilepsie sentrum versprei word, en dit wat oor is gaan na daar waar nood is
onder hoërskoolleerders. Vir navrae oor die projek kan leerders met Wian Viviers by die skool gesels of ‘n WhatsApp stuur na 081 008 8844, of skakel Chané Grimbeek by 060 655 3017. Dankie ook aan Wian wat help met die bemarking van die projek.
