Local newsNews

Vier Parys Vories spog met PV-toekenning

Baie geluk aan hierdie leerders

Die Parys Voortrekkerkommando het vanjaar vier Verkenners wat hul President Verkenner-eksamen geslaag het. Hulle is Wian Viviers, Charné Strydom, Deandré Pieterse en Zak Naudé. Al vier is leerders van Hoërskool Parys.

Die President Verkenner-toekenning word oorhandig na afloop van die afrondingskamp wat van 3 tot 7 Junie by Hartbeesfontein Voortrekkerplaas buite Pretoria gehou is.

Altesaam 235 Voortrekkers van regoor die land en uit Namibië het die kamp bygewoon waarvan 54 uit die Vrystaat is.

Die President Verkenner-toekenning is die hoogste erkenning wat ‘n Voortrekker in sy/haar hoërskoolloopbaan as jeuglid kan behaal, en is gelykstaande aan nasionale erekleure.Vootrekkers kan na hul skoolloopbaan as staatmakers (studente) of as volwassenes by ‘n Voortrekkerkommando betrokke raak.

Van links is Zak Naudé, Deandré Pieterse, Wian Viviers en Charné Strydom. Die foto is tydens die PV afrondingskamp geneem. Die kamp is van 3-7 Junie by die Hartbeesfontein Voortrekkerplaas buite Pretoria gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button