Local newsNews

Tweede brand by Vrystaatse hospitaal in net meer as ‘n week

Pasiënte wat in die hospitaal was ten tyde van die brand is reeds na ander hospitale oorgeplaas

 

Die brand wat vroeër by die Phuthuloha hospitaal in Ficksburg ontstaan het, is geblus en is die 11 pasiënte wat in die hospitaal was betyds na veiligheid geneem en oorgeplaas  na hospitale in Clocolan, Ladybrand en die Dihlabeng Streekshospitaal.

Hospitaalpersoneel het toe die brand uitgebreek het  begin om met brandblussers die vuur te blus en het nooddienspersoneel en lede van die munisipale brandweerdiens verdere bystand verleen.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid sê die oorsaak van die brand sal ondersoek word. Daar is ook bevestig dat daar geen beserings weens die brand was nie.

Die brand by die Phuthuloha hospitaal volg net meer as ‘n week na die brand by Nasionale Hospitaal in Bloemfontein wat buite die pediatriese saal ontstaan het en toe na die eerste en tweede vloere van die hospitaal versprei het.

Die Manguang Metro Brand en Noodreddingsdienste en ander staat en private Nood Mediese Dienste het gehelp om die 83 pasiënte in sale  na veiligheid te neem, en was daar ook geen beserings of sterftes weens die brand nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button