Local newsNews

Sixty60 kry toe vlerke

Lugvaart entoesiaste en 'plane spotters' sal die vliegtuig kan uitken aan sy registrasienommer ZS_GAS.

Nee jy verbeel jou nie. Checkers se bekende Sixty60 het inderdaad dié week vlerke gekry.

Suid-Afrikaners het vandeesweek  vir die eerste keer die Airbus A320 by OR Tambo gesien in Checkers se handelskleure gemerk met ‘Sixty60’ op die kante en onderaan die vliegtuig.

In samewerking met die lugredery LIFT het die Airbus sy eerste vlug in dié nuwe baadjie Donderdagoggend om 10:00 tussen Johannesburg na Kaapstad gedoen, en sal jy dié vliegtuig voortaan gereeld op  geskeduleerde vlugte tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad hierdie somer sien.

Lugvaart entoesiaste en ‘plane spotters’ sal die vliegtuig kan uitken aan sy registrasienommer ZS_GAS.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button