Local newsNews

Fantastiese pryse vir ons wenners

Baie geluk aan dié matriekmeisies.

Charné Strydom is deur ons lesers aangewys as die wenner van MooiVaal Media/Parys Gazette se matriekrok-kompetisie, met Kyla Jardim in die tweede plek, en Yaoundé Litchfield in die derde plek. Lesers het met groot entoesiasme gestem vir die matriekrokke van hul keuse met die aanlyn-kompetisie wat vanjaar vir die eerste keer vir matrikulante in Parys, Vredefort en Viljoenskroon aanebied is.

‘n Totaal van 1 538 stemme is vir die 23 rokke ontvang wat ingeskryf was vir die kompetisie.

Charné se rok is ontwerp deur Tienie Boshoff van Parys, en vertel sy dat ‘n fantasiewêreld die inspirasie vir haar matriekrok was.

Charné Strydom is ons matriekrok-wenner.

Charné stap weg met die wenprys van Emerald Resort & Casino. Die prys met ‘n totale waarde van bykans R14 000 sluit in 2 nagte se akkommodasie vir vier, ‘n ete geskenkbewys, wildrit vir vier, asook ‘n ten pin bowling en padel geskenkbewys. Sy kry ook ‘n gratis photoshoot-geskenkbewys van Jané Photography

Kyla se rok is ook ontwerp deur Tienie Boshoff, en vertel sy dat haar droom van die begin was om ‘n geel matriekafskeidrok te kon hê. ‘n Droom wat Tienie vir haar bewaarheid het.

Kyla Jardim is die twee prys wenner.

Sy wen ‘n vlotvaart vir 20 mense by Stonehaven on Vaal, asook ‘n maand se gratis modelklase by Elite Models.

Yaoundé se rok is gemaak deur haar ouma, Nellie van Heerden, wat vroeër jare heelwat matriekafskeidrokke gemaak het, vertel sy. Hoewel Yaoundé nooit gedink het dat blou die kleur van haar matriekafskeidrok sou wees nie, sê sy dat sy die oomblik toe hulle in die materiaalwinkel ingestap het en sy die materiaal gesien het, geweet het – dit is die kleur vir haar.

Yaoundé Litchfield.

Yaoundé wen ‘n river rafting geskenkbewys vir vier van Stonehenge, asook ‘n pedikuur en manikuur geskenkbewys van ChellyG Studio.
Dankie aan al ons pragtige matriekmeisies wat ingeskryf het, ons borge, en lesers wat met jul stemme gehelp het om die wenrokke aan te wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button