Skenk ‘n krans vir ons bejaardes
As jy graag wil deelneem gesels met Teresa Wessels by 082 872 6372. Mense wat kranse wil skenk vir Amot kan dit voor 20 Desember by die tehuis in Tweedelaan aflaai.

Jou kreatiwiteit kan help om hierdie Kersfees vir bejaardes in jou gemeenskap ekstra spesiaal te maak. Met die Kranse vir Kersfeesprojek word handgemaakte kerskranse vanjaar ingesamel deur Ons Tuis wat dan oor die Feesseisoen verkoop sal word vir die fondsinsamelingsprojek waarby die Amot-tehuis in Parys sal baat.
Parys Kuns- en Kuiergroep ondersteun die projek op 4 Desember wanneer kranse gemaak sal word om die projek te ondersteun. Die koste om deel te neem is R150 per persoon, en jy kan ‘n krans vir jouself maak, of jou krans na afloop van die klas aan Amot skenk.

As jy graag wil deelneem gesels met Teresa Wessels by 082 872 6372. Mense wat kranse wil skenk vir Amot kan dit voor 20 Desember by die tehuis in Tweedelaan aflaai.