Local newsNews

Koepel se duur verleentheid: Daar’s nog nie antwoorde

Vir die projek is al by die R55m toegeken in die sestien jaar sedert met die bou van die sentrum in 2008, begin is. Steeds is dit nie voltooi nie en het nog nie 'n enkele toeris baatgevind by die projek nie.

Makhotso Sotyu, adjunkminister van toerisme, het saam met Ketso Makume, LUR van toerisme in die Vrystaat, en Victoria de Beer-Mthombeni, uitvoerende burgemeester van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, die Vredefort Koepel Interpretasie Sentrum langs die R59 net buite Parys, op 29 November besoek.

Verskeie rolspelers in die toerismebedryf is na die geleentheid genooi.
Die sentrum,’n projek waarvoor al by die R55m toegeken is in die sestien jaar sedert met die projek begin is in 2008, is steeds nie voltooi nie.

In April vanjaar het die VF Plus ‘n oorsigbesoek by die perseel gedoen en in haar opsomming oor die projek, het Tammy Breedt, VF Plus LP, gesê die realiteit is dat hierdie soos soveel ander regeringsprojekte in die Vrystaat gekenmerk word aan ‘n sekuriteitshuisie en ‘n heining waarna daar belangstelling verloor word.

Nadat die projek in 2008 begin is was dit in 2011 nog in aanbou. Aanvanklik is dit met R11.7m begin.
Daarna het die projek vir jare tot stilstand gekom. Onvoltooid – met die indruk wat gelaat is dat daar strukturele integriteit probleme was.

Maar geldelike probleme was eintlik die klip in die skoen, en telkens het nuwe kontrakteurs op die perseel gekom en gegaan sonder dat wesenlike vordering gemaak is om die projek te voltooi.

Sotyu het Vrydag tydens ‘n inligtingsessie gesê die Noordwes lê naby aan haar hart omdat sy self van hier af kom. Die media is egter gevra om die inligtingsessie te verlaat omdat dit glo ‘n interne saak is.
Na die inligtingsessie is daar inspeksie op die perseel gedoen waarby lede van die gemeenskap kans gekry het om vrae te vra en waar die kontrakteurs foute en struikelblokke kon uitwys.

Dit is tydens hierdie inspeksie wat dit aan die lig gekom het dat die eienaar van die huidige kontrakteursmaatskappy onlangs oorlede is en fondse is gevries.

Daar is egter bespreek dat daar ander beleggers is wat die maatskappy finansiële hulp gaan bied totdat dinge uitgeklaar is.

Johan Bloem, wat vir 37 jaar ‘n ingenieur by Sasol was, het ingespring en vrae gevra waarvoor daar nie direkte antwoorde gegee is nie.

Cobus Roode, direkteur van Strategic Initiatives, het ook sy hulp aangebied en verseker daar is soveel beleggers wat sal instroom as die projek net voltooi kan word.

Sotyu het gesê hoewel sy nie onmiddellik al die antwoorde het nie, sy persoonlik die projek sal oorsien.

“Ons sal die kontrakteurs bystaan en fondse beskikbaar stel waar nodig, maar ons wil nie sub-standaard werk hê nie,” is die oggend gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button