Local newsNews

Se gat met die gate

'n Datum vir die volgende teeraksie sal aan die publiek deurgegee word.

Ongeveer 120 sakke teer van 25kg elk het onlangs nog 90 gate in Parys se strate toegestop. Dit danksy ‘n teer-aksie van AfriForum Parys.

Schalk Burger, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, sê nege mense het gehelp en ‘n donasie is ook van ‘n inwoner van Van Collerstraat ontvang. Met dié hulp kon slaggate by die kruising van Van Coller- en Breëstraat, in Schilbachstraat, Eerstelaan, Van Collerstraat en Grensstraat reggemaak word.

Burger sê die teeraksie wat Saterdag sou plaasvind is uitgestel en ‘n nuwe datum sal later gegee word.
Dankie aan die inwoners wat in hul eie woongebiede ook help slaggate herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button