Local newsNews

Help met legkaartgenot vir ons bejaardes

As jy kaste skoonmaak en ontslae wil raak van 'n paar legkaarte wat jy nie meer voor nut het nie, dink daaraan om dit vir ons bejaardes te skenk wat die vreugde van legkaartbou geniet.

Legkaarte sorg ‘n heerlike tydverdryf vir ons bejaardes. By Sally Martin Park, word daar elke dag legkaart gebou. Sommer so in die verbyloop word die stukke gepas en help vele hande van bejaardes van die selfsorg kamers van die kliniek om kleurvolle prente te bou.

Sandra Wessels (maatskapliker werker by Sally Martin Park), saam met suster Magda du Plooy by een van die legkaarte waaraan die bejaardes tans bou. Suster Du Plooy tree op 31 Desember af en bou self ook graag legkaarte.

Die inwoners dra self ook by om die voltooide legkaarte te laat raam en pryk hul handewerk teen die mure waar daar elke dag teetyd saam gekuier word.

Twee van Sally Martin Park se bejaardes wat gereeld legkaart bou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button