
Hekke open om 08:00 vir vanoggend se Gospelfees-program wat om 08:30 afskop. Kom vroeg om jou sitplek onderdak te verseker waar stoele uitgepak sal wees.
Kunstenaars soos Joe Niemand, Danie Botha, Arnold de Wet, Dudley Mans, Shane Pretorius, Megan Els, die Victorious Vocal Group, pastoor Deon Allers, evangelis Len de Jongh, Jacques en Liezel, en Felécia Pretorius, kan gehoor word.


Daar is ook verskeie uitstallers en ‘n gebedstent vir mense met n behoefte aan gebedsondersteuning.
Verskeie kosstalletjies sal sorg vir lekkernye, en daar beloof weer genoeg vermaak vir die kinders te wees.
Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (drie tot 13 jaar), en kinders onder drie het gratis toegang. Kaartjies kan ook aanlyn gekoop word deur die QR-kode hieronder te skandeer.




