Local newsNews

Deo Gloria-kerskonsert weer ‘n uitsonderlike musiekbelewenis

Die eerste konsert is in 1998 gehou

Nagenoeg 1 300 mense het vanjaar die gewilde Deo Gloria-kerskonsert onder leiding van Marli Krüger en Erna Rademan bygewoon wat by die NG Kerk Vredefort gehou is.

Vanjaar was die eerste keer dat die konsert oor twee dae aangebied is om die groot hoeveelheid mense van oral oor wat die konsert tweejaarliks bywoon, te kon akkommodeer.

Daar word nou reeds beplan aan die program vir die volgende konsert om weer ‘n luisterryke verskeidenheid te kan aanbied, sê Erna. Onder vanjaar se gaskunstenaars was Johan Botes (orrel), Marguerite van Wyk (sopraan), Renier Holtshauzen (trompet) en die Bochabelo String orkes.

Die samesang van honderde stemme saam met die orrel en orkes was weer soos vorige jare ‘n hoogtepunt.

Die eerste konsert is in 1998 gehou, en het die Deo Gloria-koor oor jare gegroei tot ongeveer 60 lede wat die volle spektrum van die gemeenskap verteenwoordig – van jonk tot ervare – en van professionele beroepslui tot afgetrede koorentoesiaste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button