Local newsNews

Chaos na stormweer

Vaaldam-vlak bly laag

Parys het goeie reën Maandagnag en Dinsdagoggend gehad met 14mm wat Maandagaand en 8mm reën wat vanoggend gemeet is, maar het die stormweer en wind ook weer talle kragprobleme in die dorp veroorsaak. Kragpale en bome is omgewaai, takke afgeskeur en selfs ‘n JoJo-watertenk van sy staander afgeruk deur die wind en  400m verder gekry waar dit teen ‘n muur vasgewaai het.

Van die bome wat omgeval het was in onder meer Chinnstraat, op die R59 tussen Parys en Vredefort en by die Potchefstroom-brug. Vrywilligers het reeds Maandagnag gehelp om bome uit die pad te verwyder.

In die Vredefort-distrik is tussen 2 en 20mm reën op plase gemeet.

Vaaldam staan nou op 24,90% met 21,2mm reën wat in die Vaaldam se opvangsgebied geval het.

Bloemhofdam is nou 68,46% vol.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button