Local newsNews

Verdagtes nog soek na brutale plaasaanval

Publiek se hulp gevra

Daar word steeds gesoek na die twee verdagtes wat betrokke was by die brutale aanval op ‘n egpaar op die plaas Môrelig in die Parys-distrik.

Die verdagtes, geklee in oorpakke, het die egpaar Vrydag om middernag in hul huis op die plaas oorval, het polisiewoordvoerder, kapt. Loraine Earle gesê. Die 57-jarige man is brutaal aangerand en het aan sy beserings beswyk. Sy 61-jarige vrou wat ook aangerand en met kabelbinders vasgebind is, het die aanval oorleef.

Die verdagtes het  wit oorpakke gedra en hul gesigte bedek. Nadat hulle toegang tot die huis gekry het, het hulle die sleutels van die gesinsvoertuig, ‘n Mahindra dubbelkajuit bakkie ge-eis. Ten spyte daarvan dat die oorledene sy aanvallers gesê het dat die sleutels vir die bakkie in ‘n ander huis op die perseel was, is daar voortgegaan om hom aan te rand, terwyl die tweede verdagte die sleutels gaan haal het, het kapt. Earle gesê.

Die vrou het toe die verdagtes weg is, gaan hulp soek by ‘n nabygeleë plaas.

Die bakkie is gister reeds deur die polisie verlate in die Tumahole-woonbuurt naby die treinspoor gevind.

Die oorledene en sy vrou het op die plaas gebly waar hulle ook werksaam was, het kapt. Earle bevestig.

‘n Ernstige beroep is weer op die publiek gedoen om enige inligting, hoe gering ookal wat kan help met die ondersoek, deur te gee aan speur adjudant-offisier Brian Janse van Rensburg by 082 466 8094, of skakel 08600 10111.

Inligting kan ook anoniem deurgegee word op die polisie se MySAPS selfoon toepassing.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button