Local newsNews

Vaaldam se water styg met meer as 10% die afgelope week

Boere juig oor genadewater.

Vaaldam staan vanoggend op 40,3% met invloei teen 1268,4 kubieke meter per sekonde, en uirvloei teen 16,8 kubieke meter per sekonde.

Uitvloei by Barrage word tans gemeet teen 111,3 kubieke meter per sekonde.  Barrage het Sondagoggend steeds drie sluishekke oopgehad.

Grootdraaidam was Sondag 96,53% vol met twee sluishekke wat toe oop was.  Dié water vloei uiteindelik weer in die Vaaldam in.

Spruite loop vir die eerste keer die seisoen. Tussen Heilbron en Frankfort is 42mm reën Sondagmiddag gemeet.

In die Greenlands-omgewing is vir Januarie tot dusver reeds 130mm reën gemeet en sê boere dankbaar dat die wêreld sommer anders lyk na die reën.

In die Vredefort-distrik is daar nou reeds ‘n totaal van 163mm reën vir Januarie gemeet wat heelwat meer is as die 128mm wat vir die hele Januarie laas jaar gemeet was.

Parys het teen vroeg Sondagmiddag reeds 81,2mm reën vir die afgelope sewe dae gehad. Die dorp het Sondagaand ook ‘n swaar reën- en donderstorm gehad.

Verskeie boere het gesê dat goeie reën die afgelope week gekry is, en was daar groot dankbaarheid vir die genadewater wat juis nou baie nodig is vir vee- en saaiboere.

Omdat ondergrondse vog min was met laas jaar se min reën, sak die water mooi in en is daar nog nie skade met water wat damme in die lande staan nie.

Baie van die graan raak ook nou groot en kan meer water vat as jong gesaaides wat makliker versuip.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button