
‘n Agt en twintigjarige ryloper het die skrik van sy lewe gekry toe hy eers ‘n saamrygeleentheid aangebied is en toe beroof en gestrand langs die pad gelos is.
Polisiewoordvoerder sers. Mahlomola Kareli sĂȘ daar word nog gesoek na die vyf verdagtes wat Vrydag om ongeveer 19:20 met ‘n silwergrys BMW 1-reeks naby die Odendaalsrus taxi-staanplek gestop het, waar die ryloper hulle gevra het vir ‘n saamry-geleentheid.
Hy het geen onraad vermoed totdat die bestuurder van die BMW skiellik op die R30 tussen Odendaalsrus en Allanridge naby ‘n mynskag stilgehou het. Hy is uit die voertuig gepluk, en ‘n vuurwapen op hom gerig. Die verdagtes is weg met sy geld en selfoon.
Die ryloper kon wel daarin slaag om die voorval by die polisie te gaan rapporteer en word ‘n saak van gewapende roof ondersoek.
Enigeen met inligting wat tot die arrestasie van die verdagtes sal lei, is gevra om speur-sers. Seleke Mahloko van die Odendaalse Speurdiens te skakel by 082 301 2797, of die Stop Misdaadnommer by 08600 1011. Inligting kan ook anoniem op die MySAPS toepassing deurgegee word.



