Weet wie jy in jou huis of op jou perseel toelaat
Dit het al dikwels gebeur dat werknemers inligting deurgee aan 'n derde party wat kan lei tot misdaad soos huisbrake en huisroof.

Die begin van ‘n jaar is bekend daarvoor dat huiseienaars dié tyd kies om instandhoudingswerk te laat doen, maar voordat jy ‘n kontrakteur op jou eiendom toelaat, is dit belangrik om seker te maak dat enige kontrakwerker, skoonmaker, bouer of konstruksiewerker, betroubaar is voordat jy hulle toegang tot jou eiendom gee.
Jy het nodig om te weet wie jy kan vertrou en wie nie, want die mense wat jy indiens neem by jou huis of op jou eiendom, is dikwels ook die eerste lyn van verdediging in die stryd teen misdaad, sê sekuriteitsmaatskappye.
Doen noukeurig navraag oor die persoon wat jy wil aanstel se agtergrond en verwysings. Dit is al oor en oor bewys dat in gevalle van inbrake en huisroof, inligting van ‘n werkgewer of eiendom, dikwels deur ‘n werknemer met ‘n derde party gedeel is.
Begin by jou polisiestasie en gaan die kriminele rekord van ‘n potensiële werknemer na met die toestemming van die persoon.
Verwysings van vorige werkgewers is ook belangrik. Maak seker jy vra uit oor of die persoon ontslaan is, wat sy/haar verantwoordelikhede was, asook oor sekuriteitskwessies en stiptelikheid.
Moenie werknemers toelaat om ander toegang tot jou eiendom te gee sonder jou toestemming nie. Slegs wanneer jy toestemming daartoe gegee het en die persoon se identiteit bevestig is, kan jy iemand op jou perseel toelaat.



