Local newsNews

Vaaldam oor die halfpadmerk

So lyk damvlakke nou

Die Vaaldam se watervlak het in die afgelope week nog verder gestyg met meer as 20% tot 61,49% vanoggend.

Net meer as twee weke gelede, op
7 Januarie, was die Vaaldam net 24,62% vol.

Wydverspreide reën in dié dam se opvangsgebied, asook goeie reën in die Grootdraaidam opvangsgebied het gehelp om die watervlak  tot oor die halfpadmerk te kry.

Sluise wat vroeër by Grootdraaidam oopgemaak is, is intussen toegemaak en was die dam Maandag 103,72% vol.

Barrage het Dinsdag op 96,07% gestaan.

Bloemhofdam is tans 76,32% vol.

Parys het tot dusver in totaal 126,8mm reën vir Januarie in die dorp gemeet, en selfs Bloemfontein waar dit nog baie droog is het gisteraand 11mm reën gehad.

Die grafiek wys hoe die Vaaldam se watervlak van verlede Maandag tot vandeesweek Maandag gestyg het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button