Local newsNews

Meer as ‘n duisend sterf op paaie oor feestyd

Die meeste van die sterftes was voetgangers.

Altesaam 1 502 mense het in 1 234 noodlottige ongelukke op die land se paaie oor die Desember-vakansie gesterf. Van die sterftes was 41% voetgangers. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het in haar boodskap vandeesweek haar medelye met die familie van die oorledenes betuig, en ook diegene wat in padongelukke beseer is, ‘n spoedige beterskap toegewens.

Creecy het gesê haar departement sal hom toespits om die gedrag van padgebruikers te verander, en om te belê in die ontwerp en bou van veilige paaie, om spoedbeperkings af te dwing veral op paaie wat hoë verkeersvloei dra, en om toegang tot nood reaksiesentrums en kwaliteit traumasorg te verseker.

Sy het met die bekendmaking van die syfers gesê die 2024 syfer het met 5.3% gestyg teenoor die 2023-syfer. Creecy het ook bekendgemaak dat 3 840 mense oor die feestyd vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, terwyl 414 arrestasies vir spoedoortredings gemaak is. Een spoedoortreder wat gearresteer is, het teen ‘n spoed van 245km/h op die N1-hoofweg gery.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button